|

Deur lid te
word en te wees van die Nguni Telersgenootskap van
Suid-Afrika verbind elke lid hom of haar tot die volgende
gedragskode:
●
Die optrede en houding van die lid strek te alle tye tot
voordeel van die Genootskap, die lede van die Genootskap
en die ras as
sodanig.
●
Die gedrag van lede by veilings, uitstallings en ander
openbare geleenthede getuig te alle tye van samehorigheid
tussen die lede
sowel as lojaliteit teenoor die Genootskap
en die ras as sodanig.
●
Klagtes oor die gedrag van ‘n mede-lid, ‘n inspekteur, ‘n
Raadslid of die Raad van die Genootskap, moet skriftelik
onder die aandag
van die Raad gebring word vir beslegting
van die geskil en, waar nodig, toepassing van die nodige
tugmaatreëls.
●
Elke lid onderwerp hom/haar aan die tugmaatreëls soos,
onder andere, vervat in die Genootskap se Konstitusie.
|