|

●
‘n Inspekteur moet te alle tye
hoflik wees
●
‘n Inspekteur moet altyd betyds wees.
●
‘n Inspekteur moet aandagtig en
tegemoetkomend optree teenoor die
eienaar\teler van ‘n dier. Poog
altyd om probleme op te los en
wees gereed om veral nuwe telers behulpsaam te wees wat
betref admnistratiewe prosedures.
●
Wees professioneel en deeglik en
kontroleer brandmerke, oorkodes en
prestasiedata. Laat voldoende tyd
toe vir ‘n deeglike
inspeksie van elke dier.
●
Verduidelik hoe besluite geneem word
veral n gevalle waar diere afgradeer
of uitgeskot word. Poog om altyd ‘n
fnale besluit te
neem op die dag van inspeksie en nie by ‘n latere
inspeksie nie.
●
‘n Inspekteur mag onder geen
omstandighede instruksies of
kommissie van ‘n lid of nie-lid
ontvang t..o.v. die koop of verkoop
van
Ngunis nie; voorts mag hy\sy ook nie die verkoop van sy\haar
eie diere tydens die uitvoer van ‘n
inspeksie bevorder nie.
●
‘n Inspekteur mag nie sy\haar eie
diere inspekteer nie.
●
Inspeksies moet onder alle
omstandighede deur twee inspekteurs
uitgevoer word waarvan een ‘n Senior
inspekteur moet wees.
●
Ten einde tred te hou met
ontwikkelling moet inspekteurs elke
twee jaar ‘n verfrisserkursus bywoon
en op hoogte bly met
navorsingsprojekte wat t.o.v. die ras geloods word. Dit
word ook aanbeveel dat beskikbare
literatuur t.o.v. die geskiedenis
van die
ras deeglik bestudeer word.
●
‘n Inspekteur mag nie onderneem om
‘n inspeksie uit te voer sonder ‘n
geskrewe opdrag van die kantoor nie.
●
‘n Inspekteur moet lojaal wees
teenoor sy Genootskap en kollegas.
●
‘n Inspekteur moet te alle tye deur
sy optrede die uitsprake en
doelstellings van die Genootskap
bevorder.
●
Die optrede van ‘n inspekteur moet
te alle tye lofwaardig en
onberispelik wees in ooreenstemming
met sy\haar eie beeld, karakter
en intergriteit en moet die Genootskap tot eer strek.
●
‘n Inspekteur moet te alle tye en
onder alle omstandighede onpartydig
en met die nodige eerlikheid en
integriteit optree en sy\haar
optrede mag nooit sodanig wees dat dit sy\haar eie of
die beeld van die genootskap skaad
nie.
●
Die optredes of uitsprake van
mede-lede moet nie in die openbaar
deur inspekteurs bevraagteken of
afgekeur word nie maar moet
verkieslik skriftelik aan die President van die
Genootskap gerig word.
●
‘n Inspekteur moet hom- of haarself
aan die gesag van die Raad onderwerp
en as sodanig moet hy\sy enige
teregwysings van die
raad aanvaar m.b.t. onaanvaarbare optrede en selfs om
van sy\haar status ontneem te word
nadat hy\sy die geleentheid gebied
is
om sy\haar kant van die saak te stel.
●
‘n Inspekteur moet ‘n kode van
vertroulikheid respekteer waar ookal
dit deur die Genootskap vereis word.
●
Wanneer ‘n persoon as inspekteur
optree moet die volgende vereistes
aan voldoen word:
●
Neergelegde prosedures soos bepaal
deur die Raad moet te alle tye
gevolg word.
●
Om as ‘n ambassadeur van die ras op
te tree.
●
Om te verseker dat my optrede die
respek van mede-telers wegdra. |