|

●
‘n Grondige kennis van die ras is
onontbeerlik en die belangrikste
aspek wat betref die evaluering van
Nguni beeste tydens
inspeksie. Nguni telers en inspekteurs moet in besonder
aandag gee aan die raseienskappe wat
oor ‘n tydperk van duisende jaar
d.m.v. natuurlike seleksie ontwikkel het. ‘n Aantal
omgewings-ekotipes het tot stand
gekom as gevolg van die wye
verspreiding van
die ras in Suidelike Afrika. Sodanige Ngunis wissel in
grootte en tipe na gelang van die
omgewings-parameters wat in die
ondeskeie streke aanwesig is. Raskennis word verkry d.m.v
ondervinding wat met teelt opgedoen
word, obserwasie van kuddes
asook groepe Ngunis by veilings, inligtingsdae,
inspekteurskursusse, ras-seminare en
gesprekke met kundige pesone.
●
So ook is ‘n deeglike kennis van
administrasie-prosedures en die
grondwet noodsaaklik.
●
Integriteit - Inspekteurs moet
totaal onpartydig optree en die
meiete van die diere wat
geinspekteer word skei van enige
ander
oorwegings nl eienaarskap, teelt, vriendskappe, ens.
●
Die afgradering vanaf SP na
Aanhangsel A is slegs van toepassing
op vroulike diere op grond van ‘n
gebrek aan pigmentasie. Bulle
kan slegs goed- of afgekeur word.
●
Telers moet betyds verwittig word
van die datum en benaderde tyd van
‘n inspeksiebesoek.
●
In sy hoedanigheid as ‘n
verteenwoordiger van die Genootskap
moet ‘n inspekteur die Nguni altyd
op ‘n konstruktiewe wyse
bevorder.
|