Click here to visit the English version of the website.

 

•  Volledige Kalender
 

 


 
 
 






 

 
_____________________________________________________________
Nuusflitse
 
Maart 2008
 

Dit is reeds geruime tyd sedert u ‘n Nuusbrief van die raad ontvang het.  Die raad het dit egter goed gedink om te wag tot na die eerste amptelike vergadering in 2008. In Desember, na die Algemene Jaarvergadering, is u egter verwittig van die verkiesing van Lourens Jonker tot die Raad asook die aanstelling van Johan de Jager as ons nuwe bedryfsbestuurder in die kantoor.  Ons verwelkom hierdie here in ons midde en sien uit na die insette wat hulle sal lewer in belang van ons genootskap.

Ons jaar het begin met ‘n inspekteurskursus wat laat in Januarie aangebied is.  As alternatief vir die gewone inspekteursaamtrek het hierdie byeenkoms  meer die vorm van ‘n stragegiese werkswinkel aangeneem wat daarop gemik was om die verhoogde werkslas, wat deur voortgesette groei veroorsaak word, van die inspektoraat aan te spreek. Daarbenewens het ons ook aandag geskenk aan die interaksie tussen inspekteurs, die genootskap en lede en het ons praktiese werkswyses ontwikkel wat daarop gemik is om die kwaliteit van die inspeksieproses te verbeter en daarmee saam die diens wat aan lede gelewer word.




 
 

Die volgende strategieë is tydens die werkswinkel geformuleer –

In lyn met ons bestuursbeleid waarvolgens daar werkende subkomitees van die raad bestaan, is dit besluit om ‘n nuwe inspeksie-subkomitee onder aanvoering van Lourens (inspeksie-portefeuljehouer) te benoem wat verantwoordelik sal wees:

  • Om die jaarlikse en spesiale inspeksie-prosesse te beplan en te koordineer.

  • Om die Raad en Tegniese Komitee te adviseer wat betref telingsaspekte en standaarde.

  • Om in oorleg met die Opleidingskomitee die opleiding van inspekteurs te hersien.

  • Om die Etiese kode vir Inspekteurs te hersien en sodanig hersiene weergawe te implementeer. 

  • Om inspeksie-administrasie te verbeter deur die gebruik van elektroniese data te optimaliseer in teenstelling met handgeskrewe vorms.   

  • Om inspekteurs sodanig te posisioneer sodat hulle as die hoofskakel tussen die genootskap en nuwe en onervare telers sal funksioneer.

Die Raad het sy bedrywighede gedurende die week van 25 Februarie afgeskop terwyl die Tegniese en Finansiële subkomitees op Dinsdag, 26 Februarie vergader het.

 

Die Tegniese Komitee het ‘n aantal belangrike aspekte behandel waarvan u as lid bewus moet wees. 

Eerstens, soos dit vorige jare ook die geval was moet ‘n uitsonderingsverslag (voorheen “swartlys”) opgestel word wat diere in die stelsel identifiseer wat nie aan die minimum rasstandaarde voldoen nie.  Die betrokke telers sal verwittig word en ons versoek hulle samewerking om onreëlmatighede aan te spreek. 

Tweedens is ‘n hersiene skedule geformuleer tov veilings onder die genootskap se beskerming en dit sal op 1 Julie 2008 in werking tree. 

Dit sal mettertyd aan alle lede gesirkuleer word.

Derdens is ‘n hersiene beleid wat betref vrugbaarheidstandaarde deur Kevin ontwikkel wat hierby aangeheg word vir die inligting van lede.  Kommentaar aangaande die dokument word ingewag en kan aan die genootskap gestuur word tot einde Mei waarna die dokument en kommentaar op die Junie Raadsvergadering voorgele sal word. 

Hierby aangeheg vind u ook ‘n konsep teeltbeleid wat deurgaans nog ‘n onderwerp van bespreking is en steeds ‘n taak is waaraan gewerk word. 

Die Finansiële Komitee was hoofsaaklik besig met roetinewerk.  U moet egter daarvan kennis neem dat ons kantoor nog steeds onder geweldige druk verkeer as gevolg van die verhoogde werkslading en hierdie situasie word soms vererger deur lede wat onredelike eise aan die tyd van  kantoorpersoneel stel.   Ons doen ‘n beroep op lede om die situasie asseblief in ag te neem deur telefoonoproepe te beperk, om die direkte handelingsprosedure te volg deur navrae direk aan Stamboek te rig en om afsprake met die kantoorpersoneel te maak wanneer dit nodig geag word.

Woensdag het Dr Piet Prinsloo (die brein agter die projek)  die voorgestelde opleidingsprogram vir telers aan die Raad en Klubverteenwoordigers voorgestel.   Terwyl die finale afronding nog gedoen moet word, is dit ‘n uitstekende program wat met entoesiasme deur diegene teenwoordig aanvaar is.  Ons is baie dank aan Piet verskuldig vir sy kennis en harde werk wat dit geverg het om hierdie projek op die tafel te sit.  Wanneer dit gefinaliseer is word dit beoog dat dit die genootskap se amptelike standaard vir teleropleiding sal wees.  Dit sal aan klubs aangebied word met die doel om hul lede op te lei en die Nguni te promoveer.

Die volgende is sake voortspruitend uit die raadvergaderings gehou op Woensdag en Donderdagoggend -

Wat betref die interaksie  tussen klubs en die genootskap moet u daarop let dat die besluite wat tydens die klub bosberaad, wat verlede jaar gehou was, geneem was nie deur alle lede ondersteun word nie.  Die raad het derhalwe hierdie situasie weereens in oënskou geneem en besluit dat klublidmaatskap nie voorgeskryf maar eerder aangemoedig sal word.  Voorts was dit die konsensus van die raad dat ofskoon dit vir sommige klubs gerieflik is, dit nie prakties uitvoerbaar is dat klubfooie van alle lede afgetrek word via die jaarlikse genootskapledegeld nie. ‘n Raadsbesluit is geneem  dat telers wat hulle ontevredenheid aangedui  het  se rekening gekrediteer sal word, terwyl die ander wat reeds betaal en geen beswaar gemaak het nie se geld steeds soos aanvanklik besluit oorbetaal sal word aan die betrokke klub. Klubs is gevra om die genootskap van ledelyste te voorsien sodat die oorbetaling aan die regt klub gemaak kan word. Die beginsel dat klubs belangrike verteenwoordigers van die genootskap is wat betref die opleiding van lede en raspromosie word egter herbevestig.

Suksesvolle onderhandelings met die IDC in Limpopo het gelei tot die verkoop van geregistreerde beeste waarvan die waarde bykans R1 miljoen is, van lede van die Noordelike Klub, vir kommunale projekte. Soortgelyke  IDC projekte word beplan en Deon het hier ‘n leidende rol in besprekings met die IDC gespeel.  Hierdie projekte dien met elke vergadering op die agenda.  Dit is vir ons aangenaam om aan te kondig dat ‘n bestelling Ngunis nou ook deur die Kalahari klub vir die Noorkaap projek afgelewer is.  Daar word ook binnekort ‘n bestelling vir die Vrystaat verwag.

Woensdagoggend het die raad ‘n aantal kwessies met gevestigde telers bespreek waarvan die belangrikste was die kommer wat uitgespreek is mbt die artikel wat in die Landbouweekblad van 7 Desember 2007 verskyn het.   Dit is die siening dat hierdie artikel onnodige klem op sekere probleme binne die genootskap geplaas het en dat dit in ‘n ietwat negatiewe trant geskryf is. Die raad aanvaar dat daar behoefte bestaan vir ‘n meer doeltreffende media skakelbeleid ten einde te verseker dat toekomstige artikels, van watter aard ookal,  op die positiewe aspekte van die ras sal fokus en dit sal bevorder.  Bevredigende ooreenkoms is ook bereik wat betref ander aspekte soos die interaksie met klubs, die insette van inspekteurs wat betref sake van die Tegniese Komitee en die bydraes wat vorige raadslede aan die genootskap gemaak het.

Wat betref promosie, werk Naledi aan die joernaal wat binnekort gepubliseer sal word, asook voorbereidings vir ons uitstalling by NAMPO.  Sy ondersoek ook die moontlikheid van ‘n bemarkingstrategie wat uiteraard eksterne kundigheid sal noodsaak.

Giel het gerapporteer dat ons finansies kerngesond is en Lourens is tevrede met die wyse waarop die jaarlikse inspeksie-inisiatief vorder.

Ons wens u en u gesinne alles van die beste vir die res van die jaar en vertrou dat u beeste voordeel sal trek uit die goeie reën wat meeste van ons gekry het.

_________________________________________________________________________________________________

WAT IS DIE TOEPASLIKE BENADERING TEN OPSIGTE VAN TEELTBELEIDE VIR DIE NGUNI

1.  Wat is ‘n teeltbeleid van ‘n beesras

‘n Stoetteler kan nie in die 21ste eeu langer suksesvol wees sonder ‘n duidelike geformuleerde teeltbeleid nie.  Net so is ‘n telersgenootskap verantwoordelik om versigtig te besin oor wat ‘n toepaslike teeltbeleid vir ‘n bepaalde ras moet wees wat algemeen geldend is.

Die “Handleiding vir Stoettelers” wat onlangs deur S A Stamboek gepubliseer is lys die doelwitte wat vir alle telersgenootskappe geldend is (sien bl 127)

Daarin word die volgende gestel:

                                            “om ‘n teeltbeleid daar te stel gebaseer op kennis van die mark en behoeftes in die bedryf.”

‘n Teeltbeleid is dus analoog aan die “produksiebeleid” van enige onderneming wat moet besluit oor die ontwerp en produksie van ‘n bepaalde produk of ‘n reeks produkte wat suksesvol bemark en verkoop kan word.

Vir ondernemings met ‘n lang suksesvolle bestaan is dit belangrik om die basiese kenmerke en “branding” van sy produk te bewaar en te behou.  So byvoorbeeld pas Mercedes Benz sy produkte gereeld aan om aan nuwe markomstandighede te voldoen en word ook verskillende modelle geproduseer vir verskillende deelmarkte – bv. ‘n sportsmodel teenoor ‘n 4x4 model.  Die basiese kenmerke en “branding” van ‘n Mercedes word egter gehandhaaf.

‘n Stoetteler moet dus versigtig oorweeg vir watter mark hy/sy gaan produseer, wat sy teeldoelstelling en teeldoelwitte sal wees en wat die maatstawwe sal wees om te meet of hierdie doelwitte effektief en doeltreffend bereik word aldan nie.

Sodanige maatstawwe is veral belangrik vir ‘n beesboer om seleksie te doen ten einde oor tyd ‘n bees te produseer wat aan die teeldoelwitte voldoen.

Die vertrekpunt by die bepaling van die teeltdoelstelling en doelwitte van ‘n beesras is die vraag:  “Wat is die besondere produktiewekenmerke” van die ras wat ‘n mededingende voordeel in die mark sal verseker?

2.  Spesiale oorwegings ten opsigte van die Nguni

Daar is basies twee kern oorwegings by die formulering van teeltbeleide vir die Nguni ter sprake nl.

(i)  Die Nguni se vermoë om volhoubaar meer winsgewende as ander beesrasse op die natuurlike veld van Suidelike Afrika vleis te produseer, in termevan van wins per hektaar. Hierdie vermoë spruit uit die feit dat die Nguni vir Afrika ontstaan en ontwikkel het en dus besonder aangepas by sy natuurlike omgewing is.

(ii)  Die verskeidenheid wat die Nguni kenmerk – nie net ‘n fenotipiese voorkoms nie, maar ook die omgewings waar met hom geboer word.  Netso boer ‘n wye verskeidenheid telers met die Nguni met ‘n groot variasie in doelstellings en basiese motiewe.  Hierdie verskeidenheid moet as ‘n mededingende voordeel beskou word wat behou en bewaar behoort te word. 

3.   Die rol en verantwoordelikhede van die Nguni Telersgenootskap ten opsigte van teeltbeleide

Die take en doel van ‘n telersgenootskap word in hoofstuk 4 van die “Handleiding van Stoettelers” uiteengesit (bl 27- 31)

Die hooftake van ‘n telersgenootskap sluit ondermeer die volgende in:

Om beleid te formuleer oor:

  • rassuiwerheid en identiteit

  • teeltpraktyke

  • rasverbetering

  • raspromosie

Die geformuleerde beleid moet dan so ten uitvoer gebring word dat:

  • die ras sy identiteit behou

  • die ras sal floreer en vooruitgaan; en

  • die telers en eienaars van die diere van die ras die maksimum voordeel kan haal uit hul aktiwiteite met die ras.

 Die belangrike punt is dat ‘n telersgenootskap nie net verantwoordelik is om as bewaarder van ’n ras ten opsigte van sy raseienskappe in terme van sy fisiese of fenotipiese eienskappe moet wees nie maar ook n bewaarder (custodian) van sy produktiewe eienskappe te wees wat ‘n genetiese grondslag het.  Die kan alleen effektief geskied deur ‘n gepaste oorhoofse teeltbeleid aan lede voor te hou en deur die bepaling van produktiewe rasstandaarde wat op moderne veekundige beginsels berus.

4.  Die aard en ontstaan van die Nguni as beesras

Europese beesrasse het hul huidige karakter te danke aan telersgenootskappe wat lank gelede vir elk ontstaan het.  Hierdie telersgenootskappe is meestal deur ‘n redelike klein aantal telers gestig en het betrekking gehad op beeste wat meestal in kleiner streke voorgekom het.  Hierdie telersgenootskappe het feitlik sonder utisondering fenotipiese en genotipiese uniformiteit as teeldoelstellings nagestreef.

Die Nguni, net soos ander beesrasse in Afrika en Asië het ‘n heel ander agtergrond en karakter.  Volgens die jongste wetenskaplike inligting het die Nguni in Noord-oos Afrika ontstaan deur die makmaak van die oerbees, aurochs  wat in Afrika bestaan het. 

Hierdie beeste het saam met die inheemse mense suid gemigreer en het in Suidelike Afrika gevestig geraak.  Hierdie gebied strek sover noord as Zambië.  Die groot aantal gemeenskappe wat met die Sanga vir eeue lang geboer het het geensins gemeenskaplike teeltdoelstellings  mbt ‘n uniforme genetiese en fenotipiese basis en dus ‘n eenvormige beesras as grondslag gehad nie.

Teeldoelstellings en -benaderings is  deur kulturele oorwegings en omgewingsfaktore bepaal.

Na die stigting van die Nguni Beestelersgenootskap in 1986 was die Sanga bees van Suidelike Afrika met al sy verskillende ekotipes, met die uitsondering van die Afrikaanderbeesrras, as die Nguni gedefineer.

Ongelukkig is hierdie  grondslag van wat toe die Nguni genoem is nie duidelik in die konstitusie of sy bylaes omskryf nie.  Dit is een van die redes dat daar by baie mense die begrippe ontstaan dat die egte Nguni slegs verteenwoordig word deur Sangas wat in Swaziland en Zoeloeland voorkom.

Dit is op die huidige tydsgewrig belangrik om die nodige omskrywings in die konstitusie en sy bylaes aan te bring, en daarmee formele erkenning van die eko-tipes ter sprake te gee.

Wat teeltbeleide en ander beleide aanbetref, moet die verskeidenheid van die Nguni as ‘n ekonomiese voordeel en as ‘n besondere eienskap van die ras erkennng geniet.  Enige neiging om uniformiteit te verabsoluteer moet ten alle koste voorkom word.

Die aard en geskiedenis van die Nguni, wat hom van uitheemse beesrasse onderskei, beteken ook dat ons Telersgenootskap versigtig toepaslike beleide moet ontwerp wat hieraan erkenning gee.  Die slaafse navolging van ge-ykte benadering wat met uitheemse rasse van toepassing is, moet ten alle koste vermy word.  Maar dit beteken egter nie dat moderne wetenskaplike beginsels van onder meer die veekunde, landbou-ekonomie en die bestuurswese geignoreer kan word tydens die ontwerp van so ‘n beleid nie.

5.  ‘n Oorhoofse Teeltbeleid vir die Nguni

5.1  Hoof teëltdoelstelling

Uit wat hierbo gestel is behoort duidelik te wees dat die hoof doelstelling en teeltdoelwitte van ‘n Nguni teeltbeleid in verband met die besondere eienskappe van die ras moet staan, en wat dui op die belangrikste mededinge voordele in die mark in vergelyking met ander beesrasse.

Daar word dus die volgende hoofdoelstelling voorgestel:

“Die teel van Nguni wat die mees volhoubare produksie van vleis op die natuurlike weidings van Suiderlike Afrika sal verseker en voortdurend verbeter.”

“Volhoubaar” moet verstaan word as nie net ekonomiese volhoubaarheid nie, maar ook volhoubaar in sosiale- en omgewingsverband.

Die ondersteunende teeltdoelwitte moet afgestem word op daardie produktiewe eienskappe wat ekonomies die mees belangrikste is met bogenoemde hoofteeltdoelstelling in gedagte.

5.2  Die behoud en verbetering van vrugbaarheid ons doelstelling

Die hoe en volhoudende vrugbaarheid van die Nguni is die belangrikste produktiewe eienskap van die ras.  Die vrugbaarheid van die Nguni bly selfs instand onder swak weidingstoestande en droogtes – veral in vergelyking met meeste ander beesrasse.

Vrugbaarheid is in beesboerdery die belangrikste ekonomiese faktor: sekere kennis beskou dit as self agtmaal meer belangrik as enige ander produktiewe eienskap.

Vrugbaarheid as ekonomiese faktor gaan egter nie net oor hoe gereeld ‘n koei kalf nie, maar ook hoeveel kalwers ‘n koei oor haar leeftyd grootmaak.  Langlewendheid wat ook ‘n uitstaande eienskap van die Nguni is, moet ook as newe teeltdoelwit beskou word.

Vroegrypheid is ook hier wel deeglik ter sprake.  Die vraag is egter wat die Nguni se genetiese vermoë in hierdie verband is.  Daar is kenners wat die tradisionele Nguni as eerder ‘n laat ryp dier beskou, maar wat die vermoë het om meer gereeld en langer as meeste ander beesrasse te kalf.

Wat ook al die gevoel mag wees, lyk dit logies dat vroegrypheid ook as ‘n newe doelwit van vrugbaarheid moet dien en dat daarvoor geselekteer word binne kontemporere groepe.

5.3  Die behoud en verbetering van koei-doeltreffendheid as doelstelling

Koei-doeltreffendheid dui op die verhouding tussen die gewig van die koei en die kalf wat sy speen.  Die feit dat die Nguni ‘n kleiner raam dier is, wat aangepas is by die natuurlike weidings van SuiderlikeAfrika, maar ook oor goeie moedereienskappe beskik, dui op goeie koei-doeltreffend as produktiewe eienskap van die Nguni.

Hierdie eienskap word algemeen aanvaar as ook van groot ekonomiese belang by beesboerdery.

5.4  Die behoud en verbetering van doeltreffende vleisproduksie op natuurlike veld as doelstelling

Doeltreffendheid is ‘n ekonomiese begrip waar dit gaan oor die verhouding tussen intsette en uitsette.

Navorsing het bewys dat die Nguni instaat is om meer kilogram vleis per hektaar te produseer op natuurlike veld as prakties meeste ander rasse. Daarby is egter ook die faktor dat minder insette benodig word in die vorm van byvoeding, medisyne, dipmiddels, ens, as veral die uitheemse en sintetiese beesrasse.

Die onderliggende eienskappe van die Nguni wat tot hierdie besondere doeltreffenheid aanleiding gee spruit uit sy aanpassing oor die eeue heen by die Afrika omgewing.  Die volgende eienskappe is onder meer ter sprake:

  • die benutting van natuurlike weiding deur vermoë om blare sowel as gras te vreet, ‘n spysverteringstelsel wat droë gras meer doeltreffend benut, loop oor lang afstande en wei in berg- en marginale gebiede.

  • hitte weerstand

  • bosluis weerstand

  • genetiese weerstand teen sekere siektes, ens

6.  Die teeltbeleide van individuele Nguni telers

Die Telersgenootskap moet veral stoettelers sterk aanmoedig om elk goeddeurdagte teeltbeleide te ontwerp en te implimenteer binne die raamwerk van die breë oorhoofse teeltbeleid vir die Nguni.   ‘n Voorskriftelike en starre benadering moet ten alle koste voorkom word.

6.1  Verskeidenheid as vertrekpunt

Teeltbeleide van Nguni boere sal noodwendig van mekaar verskil weens veral verskille van die volgende:

  • verskille in die natuurlike omgewing waar geboer word;

  • verskille in bestuurstelsels wat onder meer gebaseer is op beskikbare aanvullende voer soos oes-reste;

  • verskille in die persoonlike omstandighede en motiewe van ‘n boer en sy gesin (bv. Redes waarom daar geboer word met die Nguni)

  • verskille in die deelmarkte waarvoor geproduseer word.

Soos reeds bespreek is verskeidenheid ‘n kenmerk van die Nguni en moet dit deurgaans erken en gehandhaaf word. 

So sal daar telers wees wie se hoofmotief die bewaring van ’n bepaalde ekotipe is.  So ‘n benadering moet ondersteun word want sodoende word die verskeidenheid gehandhaaf.  Netso is daar telers wie se hoof motief die benutting van marginale weidings is. Daarteenoor is daar telers wat se hoof motief is om diere vir die kommersiële en/of opkomende boere te verskaf terwyl ander weer hulself slegs op die stoetmark wil toespits.

6.2  Die belangrikheid van markinligting

Die telersgenootskap het ‘n belangrike bydrae te lewer deur telers te help om die nodige mark inligting te bekom en te adviseer watter teeltbeleide nodig is om ‘n impak op ‘n bepaalde deelmark te maak.

6.3  Opleiding en kundige advies

Die telersgenootskap kan ‘n belangrike ondersteurning aan telers bied deur byvoorbeeld basiese kursusse oor die ontwerp en implementering van ‘n teeltbeleid, met insluiting van hoe om bepaalde bestuursinligting oor die mark en seleksie kriteria te verstaan en toe te pas.

Daar kan selfs gedink word om kundige persone oor teeltbeleid en die Nguni te kontrakteer om telers te adviseer.

6.4  Die voorsiening van bestuursinligting met betrekking tot seleksie maatsawwe

Soos reeds tans die geval is kan die Telersgenootskap ‘n balangrike ondersteuning aan telers bied om met diensverskaffers soos die LNR’s saam te werk om geskikte maatstawwe vir seleksie van diere te ontwikkel en verslae in hierdie verband aan telers beskikbaar te maak.  Sodanige verslae kan byvoorbeeld tendense in ‘n bepaalde kudde aantoon teenoor tendense vir die ras in sy geheel.

7.  Bestuursinligting, seleksiemaatstawwe, produksiestandaarde en meting

Hierdie is ‘n omvattende onderwerp en sal net kortliks in hierdie dokument hanteer word – alhoewel dit as hoeksteen van ‘n doelgerigte teeltbeleid beskou moet word.

Die nalatenskap van die verkeerde toepassing van metings soos dikwels in die geval van die ou prestasietoetsingskema was

Die verkeerde toepassing van meting van veral gewig en groei het veral in die jare voor 1990 dikwels aanleiding gegee dat beesrasse al groter geword het deurdat lae gewigte en groeiers uitgeselekteer is sonder dat daar enigsins teen te groot diere gediskrimineer is.  Die verskynsel was na bewering ook ter sprake by ten minste sekere staatskuddes soos Bartlow Combine.

Oor tyd het die besef tuisgekom dat te groot diere glad nie doeltreffend in die Afrika omgewing kan produseer nie en dus wanaangepas is by hul omgewing.

Vandag word dit vry algemeen besef dat daar teen te groot volwasse gewig gediskrimineer moet word om volhoubare produksie op natuurlike weiding te verseker.

Tewens ‘n belangrike mark het vir Nguni bulle begin ontwikkel ten einde ander rasse kleiner te teel.

Dit is belangrik om te besef dat meting ‘n neutrale aksie is, maar noodsaaklik is om bestuursinligting te genereer waarop seleksie toegepas kan word.  Netso kan nie bepaal word of teeltdoelwitte effektief nagestreef word indien sodanige inligting nie beskikbaar is vir die ras in sy geheel of vir ‘n bepaalde kudde nie.

Bestuursinligting van hierdie aard is n hulpmiddel wat met kennis en insig aangewend moet word. Dit kan geensins die aanvoeling en ervaring van n goeie ‘cattle man’ vervang nie.

Die impak van buitengewone hoë pryse

Tom Laseter het al jare gelede uitgewys dat te hoë pryse van stoetdiere as disinsentief dien vir telers om diere uit te skot deur streng seleksie.  As dit vir ‘n geruime tyd ten opsigte van ‘n beesras ter sprake is word dit niks anders as ‘n agteruitboerdery wat produktiewe eienskappe aanbetref nie.

Die buitengewone prysvlakke wat die afgelope tyd vir die Nguni gegeld het, het waarskynlik ook so ‘n effek gehad.  Nou, met die terugkeer van die mark na ‘n meer normale situasie, is dit besonder belangrik om toepaslike seleksie wyd toe te pas om die langtermyn rol van die Nguni in die beesbedryf te verseker.

Is huidige produksiestandaarde toepaslik?

Die seleksie maatstawwe en produksie standaarde soos van toepassing op ander rasse lewer ernstige vraagstukke op as dit blindelings netso ook op die Nguni toegepas word.  Die problem spruit veral uit die feit dat diere algemene toepassing en sodanige maatstawwe geensins die groot verskille in omgewing waar met die Nguni geboer word in ag geneem word nie.  Netso word verskille in bestuursbenadering, wat ook met die omgewing in verband staan.  So word met die Nguni op uitstekende weidings geboer, waar oes-reste vrylik beskikbaar is en boonop nog byvoeding gegee word.  Hierdie omstandighede verskil dramaties van die van ‘n Nguni boer met suur weidings in berggebiede met wisselvallige reënval.

Vir hierdie rede is dit heeltemal ontoepaslik om rasgemiddeldes van die Nguni sondermeer te vergelyk met uitheemse beesrasse waarmee hoofsaaklik in ideale omgewings  en intensiewe bestuurstelsels geboer word.

Maatstawwe soos ouderdom van eerste kalf, TKP, dae sedert vorige kalf, ens kan wel nuttig aangewend word vir seleksie binne ‘n bepaalde kudde waar alle diere aan dieselfde omgewing en bestuurstelsel blootgestel is.

Om sodanige produksiestandaarde vir die ras in sy geheel te wil bepaal is baie problematies.  So byvoorbeeld sal meeste verse met gemak in die mees ideale omstandighede ‘n eerste kalf binne 28 maande kan produseer.  Verse met dieselfde genetiese grondslag sal egter sukkel om binne 39 maande ‘n kalf te produseer op sekere marginale weidings van Suidelike Afrika – veral as selfs ‘n klein droogte opduik.

Tradisionele produksiestandaarde moet dus so wydgestel word om vir hierdie verskille voorsiening te maak dat die hele oefening sinneloos raak. 

Innoverende denke en werk is nodig om dus vir die Nguni meer toepaslike maatstawwe te ontwerp.

BLUP- Teelwaardes

‘n BLUP teelwaarde is ‘n beraming van die genetiese vermoë (waarde) van ‘n dier as ouer in ‘n teelprogram.  Dit is ‘n moderne metodiek om in genetiese inligting van ‘n dier en ‘n kudde te genereer en aan te wend vir bv. seleksie doeleindes.

In beginsel verdien hierdie inligting soos jaarliks deur die LNR verskaf ernstige oorweging ondermeer omdat dit poog om juis omgewingsverskille te elimineer.

Die feit is egter ook dat daar by telers en kundiges ernstige vrae bestaan oor ondermeer die akkuraatheid van teelwardes in die algemeen en veral vir die Nguni.  Daarby is ervare en voorstaande telers soms skepties oor die werklike waarde van hierdie inligting.

Die telersgenootskap sal moet oorweeg om ‘n objektiewe en wetenskaplike evaluering van hierdie stelsel te laat doen.

Waar Nguni telers ondertussen van hierdie stelsel wil gebruik maak moet dit egter geensins ontmoedig word nie.

Die meting van Vrugbaarheid

In die geval van bulle word die korrelasie tussen skrotum omvang en vrugbaarheid algemeen aanvaar en is dit gemaklik om te meet.  Teelwaardes word ook deur die LNR bereken. 

Die LNR bereken ook ‘n teelwaarde ten opsigte van die “kalf tempo” van ‘n bul.  Die teelwaarde is ‘n aanduiding van vrugbaarheid asook die retensie van ‘n bul se vroulike nageslag.

Geen teelwaarde is vir vroulike diere beskikbaar nie en bly die toepaslike meting en daarstelling van ’n rasstandaard problematies.  Die LNR bereken reproduksie indekse vir vroulike diere, en, met bepaalde aanpassings in die bestaande berekeningsmetode, mag die gebruik van so ‘n indeks meer aangewese wees.

Die meting van doeltreffendheid

Hierdie is ‘n omvattende onderwerp.  Vir doeleindes van hierdie dokument word voorgestel dat telers sterk aangemoedig word om wel by die LNR se prestasiemetingstelsel aan te sluit – al word net eers koei-doeltreffendheid gemeet deur die neem van speengewigte en koeigewigte tydens speen.

Die belangrikheid van Veldbulklubs

Veldbulklubs bied ‘n belangrike geleentheid om die eienskappe van Nguni bulle te meet.  Sulke toetse op natuurlike veld kan ‘n groot aantal bulle van verskillende telers insluit.

Gesprekke is reeds met die LNR aan die gang oor die toepaslikheid van die Fase D toetse vir die Nguni al dan nie. 

Verskillende Nguni Veldbulklubs het reeds inoverend opgetree met die instelling van toepaslike meting ten opsigte van bosluisweerstand, ens.

Gesprekke word met die SA Veldbulklub en verskillende veldbulklubs be-oog oor die moontlikheid om riglyne daar te stel vir die meting van Nguni bulle.

Dit is ook noodsaaklik dat die resultate wat so verkry word opgeneem word op Intergis stelsel.

8.  Die evaluering van huidige beleid

As die bostaande strategiese raamwerk deur die Raad aanvaar word moet ‘n kritiese evaluering van bestaande beleid, bywette en aanhangsels gedoen word.  Baie hiervan is maar eintlik ge-erf van benaderings wat by ander beesrasse hulle grondslag gekry het – nou moet gevra word of sodanige benaderings werklik op die Nguni van toepassing moet wees.

Voorbeelde van beleid wat heroorweeg moet word is o.m. as volg:

8.1  Veelvaarparings

Veelvaarparings is tog sekerlik ‘n veel meer toepaslike teeltbenadering vir die Nguni as die geval van uitheemse beesrasse.

As geboortekennisgewings die lys van bulle betrokke sertifiseer, en as daar ‘n beperking geplaas word van sê 4 of 5 bulle – is daar enige logiese rede hoekom die nageslag nie as Bylae B of SP geregistreer kan word nie?  (Natuurlik sal die bul met die laagste gradering as uitgangspunt dien). Litcat van bulle sal nodig wees.

8.2  Minimum ouderdom vir die inspeksie van ‘n bul

As dit ‘n teeldoelwit is om vroegrypheid te bevorder behoort bulle wat op vroeër ouderdom geslagryphied toon ge-identifiseer, geinspekteer en gebruik te word.

Is daar dan enige goeie rede om nie telers se bulle van sê 16 of 18 maande vir inspeksie te laat aanbied nie?

In so ‘n benadeirng kan dit oorweeg word om die volgende inspeksieriglyn te laat geld:

(i)  bulle wat onder 2 jaar oud was by inspeksie moet weer voor hulle 3½ jaar is geinspekteer te word.

(ii)  Jong bulletjies wat nog nie goed ontwikkel het nie, maar ook nie diskriminerende gebrekke toon nie, moet oorstaan vir inspeksie na 2 jaar.

8.3  Rasstandaarde en inspeksieriglyne

Is daar nie byvoorbeeld van ons rasstandaarde en inspeksieriglyne teenstrydig met ons teeldoelwitte nie? 

Byvoorbeeld: As ons roem op die aanpasbaarheid van die Nguni wat hitteweerstand insluit – hoekom beskou ons die kortste moontlike skede van ‘n bul as die “ideale” skede?

‘n Kort skede is gekorreleer met ‘n stywe vel – moet ons nie dus logies teen ‘n te kort skede diskrimineer net soos ‘n te lang skede nie?

_________________________________________________________________________________________________

Huidiglik slegs beskikbaar in Engels

FERTILITY STANDARDS
 

Present situation

The relevant breed standards as contained in the by-laws to the constitution of the Society are presently:

  • 39 months maximum age at first calving (AFC); and

  • 730 days maximum inter-calving period (ICP).

These standards need to be re-assessed in the context of striving to achieve sustainable beef production in the light of changing financial, socio-political & environmental circumstances impacting on the breed and the Society.

Points of departure should be:

  1. According to the Animal Improvement Act (Act 62 of 1998), an animal is only of a particular breed if it is registered as being of that breed;

  2. We live in a changing world and must keep in touch with current reality, in much the same way as our breed evolved over the centuries. The Society has an obligation to review the validity of breed standards and by-laws as circumstances change.

  3. Our belief that Nguni cows form the cornerstone of sustainable beef production, based on their productive efficiency.

  4. A phenotypic (true-to-type) cow’s total (lifetime) production determines her ultimate value.

Reasons for adjusting the breed standards:

  1. The present breed standards allow for a cow of 13 years (156 months) of age to have calved only 5 times. This is neither efficient nor economically sustainable.
     

  2. The role of the environment in determining the maturity/growth rate of a heifer is far greater than her genetic ability. Therefore, in areas where conditions are less than ideal, heifers (even of excellent genetic quality) will necessarily calve much later, even exceeding the 39 months. These areas include many of the communally managed lands, those prone to severe drought and those areas/farms managed under natural/organic regimes.
     

  3. The present breed standards for fertility allow a heifer to calve for the second time at 63 months and have a subsequent calf 24 months thereafter, without being regarded as sufficiently sub-fertile to be excluded. Evidence suggests that many young cows that have calved after 39 months calve regularly thereafter and even have better average ICP’s than the breed average. Therefore, by excluding such animals from the registered herd, one is unwisely wasting production potential, especially given the relative longevity of Nguni cows.
     

  4. The inputs (eg, nutritional supplements, drug assisted fertility boosting) traditionally used by many commercial cattle breeders are either unaffordable or unattainable for the developing farmers, thus potentially excluding them from the registered Nguni industry. The political consequences of this are clearly undesirable. The same inputs are also undesirable for the production of contaminant-free beef.
     

  5. If “nature” has selected and been the dominant influence in determining what we today describe as an Nguni, then, in order to preserve the breed with all its characteristics, the standards of the Society should discourage the use of any unnatural supplements, medicines, etc. This would undoubtedly result in an increase in the average AFC of the national Nguni herd.
     

  6. In the absence of a reliable intra-herd indexing/comparison system, the society should not subscribe to a “one-size-fits-all” breed production standard, which is prejudicial to later maturing, high production potential females, and takes no account, whatsoever, of environmental circumstances.
     

  7. Evidence indicates that the initial description of the Nguni breed by scientists regarded it as later maturing rather than early maturing. Hindsight suggests that this may have been due to much of the initial scientific work being done in areas of generally lower quality grazing and therefore misrepresenting the impact of environment on the productive ability of the animals.
     

  8. The culture pervading the stud industry is Euro-centric and as such is questionable in its application to our indigenous breed. This culture is equally inappropriate to the diversity of cattle breeding systems in Southern Africa.
     

  9. The subscription to a breeding season, as a management strategy, is a matter of breeder choice based on longer-term benefits and shorter-term sacrifices. In respect of the indigenous Nguni, whose evolutionary history shows no evidence of this practice, there appears to be no need for the Society to encourage this practice. In fact, as explained herein, the present 730-day rule condones a lower level of productivity and fertility than is desirable.
     

  10. Several other breeds do not have a breed standard for AFC. Comparisons, on this basis, with other breeds are meaningless, particularly in terms of the changing circumstances of our breed.
     

  11. Adjusting any breed production standard does not imply that individual breeders must necessarily lower their own criteria. Therefore, by supporting the inclusion of stud breeders farming under less optimal beef production circumstances, the pursuit of excellence in established herds is not affected.
     

  12. In order to increase selection pressure and therefore more accurately identify the best performing (genetically superior) animals, it would be ideal to use an intra-herd comparison (index system?) that takes into account all the factors that impact on an animal’s production ability. This may need to be the next step.

Departure from present breed standards

Comparisons with other breeds might have been appropriate as the Nguni evolved from a developing to an established breed. The breed has by now proved its value in the beef production sector, and its productive potential is no longer questionable.

It is now important that the Society, in the interests of all members, adjusts standards to facilitate optimum assimilation of pure Nguni genetics into the established and developing beef cattle industries.

Proposal to Council

Change the breed standards for fertility to ensure:

  • That a cow must have calved for the first time by 48 months, had a 2nd calf by 64 months, a 3rd by 80 months etc. (16 months intervals), with the secondary proviso that no single ICP may exceed 750 days.

  • That, in the case of “FR” females, they must calve within 16 months of registration, had a 2nd calf by 32 months of registration, a 3rd by 48 month of registration, etc., with the same secondary proviso that no ICP may exceed 750 days.

This proposal significantly “tightens” the breed standards (over a cows lifetime), but makes them more effective in achieving our objective of “sustainable beef production”.

 

© 2008 - 2010      Die Nguni Beestelersgenootskap van Suid-Afrika
Terme & Voorwaardes & Privaatheidsbeleid



Webblad ontwerp & onderhou deur 123 Internet