|
Die Tegniese
Komitee het ‘n aantal belangrike aspekte behandel waarvan u as
lid bewus moet wees.
Eerstens, soos
dit vorige jare ook die geval was moet ‘n uitsonderingsverslag (voorheen
“swartlys”) opgestel word wat diere in die stelsel identifiseer
wat nie aan die minimum rasstandaarde voldoen nie. Die betrokke
telers sal verwittig word en ons versoek hulle samewerking om
onreëlmatighede
aan te spreek.
Tweedens is ‘n
hersiene skedule geformuleer tov veilings onder die genootskap
se beskerming en dit sal op 1 Julie 2008 in werking tree.
Dit sal
mettertyd aan alle lede gesirkuleer word.
Derdens is ‘n
hersiene beleid wat betref vrugbaarheidstandaarde deur Kevin
ontwikkel wat hierby aangeheg word vir die inligting van lede.
Kommentaar aangaande die dokument word ingewag en kan aan die
genootskap gestuur word tot einde Mei waarna die dokument en
kommentaar op die Junie Raadsvergadering voorgele sal word.
Hierby aangeheg
vind u ook ‘n konsep teeltbeleid wat deurgaans nog ‘n onderwerp
van bespreking is en steeds ‘n taak is waaraan gewerk word.
Die Finansiële
Komitee was hoofsaaklik besig met roetinewerk. U moet egter
daarvan kennis neem dat ons kantoor nog steeds onder geweldige
druk verkeer as gevolg van die verhoogde werkslading en hierdie
situasie word soms vererger deur lede wat onredelike eise aan
die tyd van kantoorpersoneel stel. Ons doen ‘n beroep op lede
om die situasie asseblief in ag te neem deur telefoonoproepe te
beperk, om die direkte handelingsprosedure te volg deur navrae
direk aan Stamboek te rig en om afsprake met die
kantoorpersoneel te maak wanneer dit nodig geag word.
Woensdag het Dr
Piet Prinsloo (die brein agter die projek) die voorgestelde
opleidingsprogram vir telers aan die Raad en
Klubverteenwoordigers voorgestel. Terwyl die finale afronding
nog gedoen moet word, is dit ‘n uitstekende program wat met
entoesiasme deur diegene teenwoordig aanvaar is. Ons is baie
dank aan Piet verskuldig vir sy kennis en harde werk wat dit
geverg het om hierdie projek op die tafel te sit. Wanneer dit
gefinaliseer is word dit beoog dat dit die genootskap se
amptelike standaard vir teleropleiding sal wees. Dit sal aan
klubs aangebied word met die doel om hul lede op te lei en die
Nguni te promoveer.
Die volgende is
sake voortspruitend uit die raadvergaderings gehou op Woensdag
en Donderdagoggend -
Wat betref die
interaksie tussen klubs en die genootskap moet u daarop let dat
die besluite wat tydens die klub bosberaad, wat verlede jaar
gehou was, geneem was nie deur alle lede ondersteun word nie.
Die raad het derhalwe hierdie situasie weereens in oënskou
geneem en besluit dat klublidmaatskap nie voorgeskryf maar
eerder aangemoedig sal word. Voorts was dit die konsensus van
die raad dat ofskoon dit vir sommige klubs gerieflik is, dit nie
prakties uitvoerbaar is dat klubfooie van alle lede afgetrek
word via die jaarlikse genootskapledegeld nie. ‘n Raadsbesluit
is geneem dat telers wat hulle ontevredenheid aangedui het se
rekening gekrediteer sal word, terwyl die ander wat reeds betaal
en geen beswaar gemaak het nie se geld steeds soos aanvanklik
besluit oorbetaal sal word aan die betrokke klub. Klubs is gevra
om die genootskap van ledelyste te voorsien sodat die
oorbetaling aan die regt klub gemaak kan word. Die beginsel dat
klubs belangrike verteenwoordigers van die genootskap is wat
betref die opleiding van lede en raspromosie word egter
herbevestig.
Suksesvolle
onderhandelings met die IDC in Limpopo het gelei tot die verkoop
van geregistreerde beeste waarvan die waarde bykans R1 miljoen
is, van lede van die Noordelike Klub, vir kommunale projekte.
Soortgelyke IDC projekte word beplan en Deon het hier ‘n
leidende rol in besprekings met die IDC gespeel. Hierdie
projekte dien met elke vergadering op die agenda. Dit is vir
ons aangenaam om aan te kondig dat ‘n bestelling Ngunis nou ook
deur die Kalahari klub vir die Noorkaap projek afgelewer is.
Daar word ook binnekort ‘n bestelling vir die Vrystaat verwag.
Woensdagoggend
het die raad ‘n aantal kwessies met gevestigde telers bespreek
waarvan die belangrikste was die kommer wat uitgespreek is mbt
die artikel wat in die Landbouweekblad van 7 Desember 2007
verskyn het. Dit is die siening dat hierdie artikel onnodige
klem op sekere probleme binne die genootskap geplaas het en dat
dit in ‘n ietwat negatiewe trant geskryf is. Die raad aanvaar
dat daar behoefte bestaan vir ‘n meer doeltreffende media
skakelbeleid ten einde te verseker dat toekomstige artikels, van
watter aard ookal, op die positiewe aspekte van die ras sal
fokus en dit sal bevorder. Bevredigende ooreenkoms is ook
bereik wat betref ander aspekte soos die interaksie met klubs,
die insette van inspekteurs wat betref sake van die Tegniese
Komitee en die bydraes wat vorige raadslede aan die genootskap
gemaak het.
Wat betref
promosie, werk Naledi aan die joernaal wat binnekort gepubliseer
sal word, asook voorbereidings vir ons uitstalling by NAMPO. Sy
ondersoek ook die moontlikheid van ‘n bemarkingstrategie wat
uiteraard eksterne kundigheid sal noodsaak.
Giel het
gerapporteer dat ons finansies kerngesond is en Lourens is
tevrede met die wyse waarop die jaarlikse inspeksie-inisiatief
vorder.
Ons wens u en u
gesinne alles van die beste vir die res van die jaar en vertrou
dat u beeste voordeel sal trek uit die goeie reën
wat meeste van ons gekry het.
_________________________________________________________________________________________________
WAT IS DIE TOEPASLIKE BENADERING TEN OPSIGTE VAN TEELTBELEIDE
VIR DIE NGUNI
1.
Wat is ‘n teeltbeleid van ‘n beesras
‘n Stoetteler kan nie in die 21ste eeu langer suksesvol wees
sonder ‘n duidelike geformuleerde teeltbeleid nie. Net so
is ‘n telersgenootskap verantwoordelik om versigtig te besin
oor wat ‘n toepaslike teeltbeleid vir ‘n bepaalde ras moet
wees wat algemeen geldend is.
Die “Handleiding vir Stoettelers” wat onlangs deur S A Stamboek
gepubliseer is lys die doelwitte wat vir alle telersgenootskappe
geldend is (sien bl 127)
Daarin word die volgende gestel:
“om ‘n teeltbeleid daar te stel gebaseer op kennis van die mark
en behoeftes in die bedryf.”
‘n
Teeltbeleid is dus analoog aan die “produksiebeleid” van enige
onderneming wat moet besluit oor die ontwerp en produksie van ‘n
bepaalde produk of ‘n reeks produkte wat suksesvol bemark en
verkoop kan word.
Vir ondernemings met ‘n lang
suksesvolle bestaan is dit belangrik om die basiese kenmerke en
“branding” van sy produk te bewaar en te behou. So byvoorbeeld
pas Mercedes Benz sy produkte gereeld aan om aan nuwe
markomstandighede te voldoen en word ook verskillende modelle
geproduseer vir verskillende deelmarkte – bv. ‘n sportsmodel
teenoor ‘n 4x4 model. Die basiese kenmerke en “branding” van ‘n
Mercedes word egter gehandhaaf.
‘n
Stoetteler moet dus versigtig oorweeg vir watter mark hy/sy gaan
produseer, wat sy teeldoelstelling en teeldoelwitte sal wees en
wat die maatstawwe sal wees om te meet of hierdie doelwitte
effektief en doeltreffend bereik word aldan nie.
Sodanige maatstawwe is veral
belangrik vir ‘n beesboer om seleksie te doen ten einde oor tyd
‘n bees te produseer wat aan die teeldoelwitte voldoen.
Die vertrekpunt by die bepaling van die teeltdoelstelling en
doelwitte van ‘n beesras is die vraag: “Wat is die besondere
produktiewekenmerke” van die ras wat ‘n mededingende voordeel in
die mark sal verseker?
2.
Spesiale oorwegings ten opsigte van die Nguni
Daar is basies twee kern oorwegings
by die formulering van teeltbeleide vir die Nguni ter sprake nl.
(i)
Die Nguni se vermoë om volhoubaar meer winsgewende as ander
beesrasse op die natuurlike veld van Suidelike Afrika vleis te
produseer, in termevan van wins per hektaar. Hierdie vermoë
spruit uit die feit dat die Nguni vir Afrika ontstaan en
ontwikkel het en dus besonder aangepas by sy natuurlike omgewing
is.
(ii)
Die verskeidenheid wat die Nguni kenmerk – nie net ‘n
fenotipiese voorkoms nie, maar ook die omgewings waar met hom
geboer word. Netso boer ‘n wye verskeidenheid telers met die
Nguni met ‘n groot variasie in doelstellings en basiese motiewe.
Hierdie verskeidenheid moet as ‘n mededingende voordeel beskou
word wat behou en bewaar behoort te word.
3.
Die rol en verantwoordelikhede van die Nguni Telersgenootskap
ten opsigte van teeltbeleide
Die take en doel van ‘n telersgenootskap word in hoofstuk 4 van
die “Handleiding van Stoettelers” uiteengesit (bl 27- 31)
Die hooftake van ‘n telersgenootskap sluit ondermeer die
volgende in:
Om beleid te formuleer oor:
Die geformuleerde beleid moet dan so ten uitvoer gebring word
dat:
-
die ras sy identiteit behou
-
die ras sal floreer en vooruitgaan; en
-
die telers en eienaars van die diere van die ras die maksimum
voordeel kan haal uit hul aktiwiteite met die ras.
Die belangrike punt is dat ‘n telersgenootskap nie net
verantwoordelik is om as bewaarder van ’n ras ten opsigte van sy
raseienskappe in terme van sy fisiese of fenotipiese eienskappe
moet wees nie maar ook n bewaarder (custodian) van sy
produktiewe eienskappe te wees wat ‘n genetiese grondslag het.
Die kan alleen effektief geskied deur ‘n gepaste oorhoofse
teeltbeleid aan lede voor te hou en deur die bepaling van
produktiewe rasstandaarde wat op moderne veekundige
beginsels berus.
4.
Die aard en ontstaan van die Nguni as beesras
Europese beesrasse het hul huidige
karakter te danke aan telersgenootskappe wat lank gelede vir elk
ontstaan het. Hierdie telersgenootskappe is meestal deur ‘n
redelike klein aantal telers gestig en het betrekking gehad op
beeste wat meestal in kleiner streke voorgekom het. Hierdie
telersgenootskappe het feitlik sonder utisondering fenotipiese
en genotipiese uniformiteit as teeldoelstellings nagestreef.
Die Nguni, net soos ander beesrasse in Afrika en Asië het ‘n
heel ander agtergrond en karakter. Volgens die jongste
wetenskaplike inligting het die Nguni in Noord-oos Afrika
ontstaan deur die makmaak van die oerbees, aurochs wat
in Afrika bestaan het.
Hierdie beeste het saam met die
inheemse mense suid gemigreer en het in Suidelike Afrika
gevestig geraak. Hierdie gebied strek sover noord as Zambië.
Die groot aantal gemeenskappe wat met die Sanga vir eeue lang
geboer het het geensins gemeenskaplike teeltdoelstellings mbt
‘n uniforme genetiese en fenotipiese basis en dus ‘n eenvormige
beesras as grondslag gehad nie.
Teeldoelstellings en -benaderings
is deur kulturele oorwegings en omgewingsfaktore bepaal.
Na
die stigting van die Nguni Beestelersgenootskap in 1986 was die
Sanga bees van Suidelike Afrika met al sy verskillende ekotipes,
met die uitsondering van die Afrikaanderbeesrras, as die Nguni
gedefineer.
Ongelukkig is hierdie grondslag
van wat toe die Nguni genoem is nie duidelik in die konstitusie
of sy bylaes omskryf nie. Dit is een van die redes dat daar by
baie mense die begrippe ontstaan dat die egte Nguni slegs
verteenwoordig word deur Sangas wat in Swaziland en Zoeloeland
voorkom.
Dit is op die huidige
tydsgewrig belangrik om die
nodige omskrywings in die konstitusie en sy bylaes aan te bring,
en daarmee formele erkenning van die eko-tipes ter sprake te
gee.
Wat teeltbeleide en ander beleide
aanbetref, moet die verskeidenheid van die Nguni as ‘n
ekonomiese voordeel en as ‘n besondere eienskap van die ras
erkennng geniet. Enige neiging om uniformiteit te verabsoluteer
moet ten alle koste voorkom word.
Die aard en geskiedenis van die Nguni, wat hom van uitheemse
beesrasse onderskei, beteken ook dat ons Telersgenootskap
versigtig toepaslike beleide moet ontwerp wat hieraan erkenning
gee. Die slaafse navolging van ge-ykte benadering wat met
uitheemse rasse van toepassing is, moet ten alle koste vermy
word. Maar dit beteken egter nie dat moderne wetenskaplike
beginsels van onder meer die veekunde, landbou-ekonomie en die
bestuurswese geignoreer kan word tydens die ontwerp van so ‘n
beleid nie.
5.
‘n Oorhoofse Teeltbeleid vir die Nguni
5.1
Hoof teëltdoelstelling
Uit wat hierbo gestel is behoort
duidelik te wees dat die hoof doelstelling en teeltdoelwitte van
‘n Nguni teeltbeleid in verband met die besondere eienskappe van
die ras moet staan, en wat dui op die belangrikste mededinge
voordele in die mark in vergelyking met ander beesrasse.
Daar word dus die volgende
hoofdoelstelling voorgestel:
“Die teel van Nguni wat die mees volhoubare produksie van vleis
op die natuurlike weidings van Suiderlike Afrika sal verseker en
voortdurend verbeter.”
“Volhoubaar” moet verstaan word as nie net ekonomiese
volhoubaarheid nie, maar ook volhoubaar in sosiale- en
omgewingsverband.
Die ondersteunende teeltdoelwitte moet afgestem word op daardie
produktiewe eienskappe wat ekonomies die mees belangrikste is
met bogenoemde hoofteeltdoelstelling in gedagte.
5.2
Die behoud en verbetering van vrugbaarheid ons doelstelling
Die hoe en volhoudende vrugbaarheid van die Nguni is die
belangrikste produktiewe eienskap van die ras. Die vrugbaarheid
van die Nguni bly selfs instand onder swak weidingstoestande en
droogtes – veral in vergelyking met meeste ander beesrasse.
Vrugbaarheid is in beesboerdery die
belangrikste ekonomiese faktor: sekere kennis beskou dit as self
agtmaal meer belangrik as enige ander produktiewe eienskap.
Vrugbaarheid as ekonomiese faktor
gaan egter nie net oor hoe gereeld ‘n koei kalf nie, maar ook
hoeveel kalwers ‘n koei oor haar leeftyd grootmaak.
Langlewendheid wat ook ‘n uitstaande eienskap van die Nguni is,
moet ook as newe teeltdoelwit beskou word.
Vroegrypheid is ook hier wel
deeglik ter sprake. Die vraag is egter wat die Nguni se
genetiese vermoë in hierdie verband is. Daar is kenners wat die
tradisionele Nguni as eerder ‘n laat ryp dier beskou, maar wat
die vermoë het om meer gereeld en langer as meeste ander
beesrasse te kalf.
Wat ook al die gevoel mag wees, lyk
dit logies dat vroegrypheid ook as ‘n newe doelwit van
vrugbaarheid moet dien en dat daarvoor geselekteer word binne
kontemporere groepe.
5.3
Die behoud en verbetering van koei-doeltreffendheid as
doelstelling
Koei-doeltreffendheid dui op die verhouding tussen die gewig van
die koei en die kalf wat sy speen. Die feit dat die Nguni ‘n
kleiner raam dier is, wat aangepas is by die natuurlike weidings
van SuiderlikeAfrika, maar ook oor goeie moedereienskappe beskik,
dui op goeie koei-doeltreffend as produktiewe eienskap van die
Nguni.
Hierdie eienskap word algemeen
aanvaar as ook van groot ekonomiese belang by beesboerdery.
5.4
Die behoud en verbetering van doeltreffende vleisproduksie op
natuurlike veld as doelstelling
Doeltreffendheid is ‘n ekonomiese
begrip waar dit gaan oor die verhouding tussen intsette en
uitsette.
Navorsing het bewys dat die Nguni
instaat is om meer kilogram vleis per hektaar te produseer op
natuurlike veld as prakties meeste ander rasse. Daarby is egter
ook die faktor dat minder insette benodig word in die vorm van
byvoeding, medisyne, dipmiddels, ens, as veral die uitheemse en
sintetiese beesrasse.
Die onderliggende eienskappe van die Nguni wat tot hierdie
besondere doeltreffenheid aanleiding gee spruit uit sy
aanpassing oor die eeue heen by
die Afrika omgewing. Die volgende eienskappe is onder meer ter
sprake:
-
die benutting van natuurlike weiding deur vermoë om blare
sowel as gras te vreet, ‘n spysverteringstelsel wat droë gras
meer doeltreffend benut, loop oor lang afstande en wei in
berg- en marginale gebiede.
-
hitte weerstand
-
bosluis weerstand
-
genetiese weerstand teen sekere
siektes, ens
6.
Die teeltbeleide van individuele Nguni telers
Die Telersgenootskap moet veral stoettelers sterk aanmoedig om
elk goeddeurdagte teeltbeleide te ontwerp en te implimenteer
binne die raamwerk van die breë oorhoofse teeltbeleid vir die
Nguni. ‘n Voorskriftelike en starre
benadering moet ten alle koste voorkom word.
6.1
Verskeidenheid as vertrekpunt
Teeltbeleide van Nguni boere sal
noodwendig van mekaar verskil weens veral verskille van die
volgende:
-
verskille in die natuurlike
omgewing waar geboer word;
-
verskille in bestuurstelsels wat
onder meer gebaseer is op beskikbare aanvullende voer soos
oes-reste;
-
verskille in die persoonlike
omstandighede en motiewe van ‘n boer en sy gesin (bv. Redes
waarom daar geboer word met die Nguni)
-
verskille in die deelmarkte
waarvoor geproduseer word.
Soos reeds bespreek is
verskeidenheid ‘n kenmerk van die Nguni en moet dit deurgaans
erken en gehandhaaf word.
So
sal daar telers wees wie se hoofmotief die bewaring van ’n
bepaalde ekotipe is. So ‘n benadering moet ondersteun word want
sodoende word die verskeidenheid gehandhaaf. Netso is daar
telers wie se hoof motief die benutting van marginale weidings
is. Daarteenoor is daar telers wat se hoof motief is om diere
vir die kommersiële en/of opkomende boere te verskaf terwyl
ander weer hulself slegs op die stoetmark wil toespits.
6.2
Die belangrikheid van markinligting
Die telersgenootskap het ‘n belangrike bydrae te lewer deur
telers te help om die nodige mark inligting te bekom en te
adviseer watter teeltbeleide nodig is om ‘n impak op ‘n bepaalde
deelmark te maak.
6.3
Opleiding en kundige advies
Die telersgenootskap kan ‘n belangrike ondersteurning aan telers
bied deur byvoorbeeld basiese kursusse oor die ontwerp en
implementering van ‘n teeltbeleid, met insluiting van hoe om
bepaalde bestuursinligting oor die mark en seleksie kriteria te
verstaan en toe te pas.
Daar kan selfs gedink word om
kundige persone oor teeltbeleid en die Nguni te kontrakteer om
telers te adviseer.
6.4
Die voorsiening van bestuursinligting met betrekking tot
seleksie maatsawwe
Soos reeds tans die geval is kan
die Telersgenootskap ‘n balangrike ondersteuning aan telers bied
om met diensverskaffers soos die LNR’s saam te werk om geskikte
maatstawwe vir seleksie van diere te ontwikkel en verslae in
hierdie verband aan telers beskikbaar te maak. Sodanige verslae
kan byvoorbeeld tendense in ‘n bepaalde kudde aantoon teenoor
tendense vir die ras in sy geheel.
7.
Bestuursinligting, seleksiemaatstawwe, produksiestandaarde en
meting
Hierdie is ‘n omvattende onderwerp
en sal net kortliks in hierdie dokument hanteer word – alhoewel
dit as hoeksteen van ‘n doelgerigte teeltbeleid beskou moet
word.
Die nalatenskap van die verkeerde toepassing van metings soos
dikwels in die geval van die ou prestasietoetsingskema was
Die verkeerde toepassing van meting van veral gewig en groei het
veral in die jare voor 1990 dikwels aanleiding gegee dat
beesrasse al groter geword het deurdat lae gewigte en groeiers
uitgeselekteer is sonder dat daar enigsins teen te groot diere
gediskrimineer is. Die verskynsel was na bewering ook ter
sprake by ten minste sekere staatskuddes soos Bartlow Combine.
Oor tyd het die besef tuisgekom dat
te groot diere glad nie doeltreffend in die Afrika omgewing kan
produseer nie en dus wanaangepas is by hul omgewing.
Vandag word dit vry algemeen besef
dat daar teen te groot volwasse gewig gediskrimineer moet word
om volhoubare produksie op natuurlike weiding te verseker.
Tewens ‘n belangrike mark het vir
Nguni bulle begin ontwikkel ten einde ander rasse kleiner te
teel.
Dit is belangrik om te besef dat
meting ‘n neutrale aksie is, maar noodsaaklik is om
bestuursinligting te genereer waarop seleksie toegepas kan
word. Netso kan nie bepaal word of teeltdoelwitte effektief
nagestreef word indien sodanige inligting nie beskikbaar is vir
die ras in sy geheel of vir ‘n bepaalde kudde nie.
Bestuursinligting van hierdie aard
is n hulpmiddel wat met kennis en insig aangewend moet word. Dit
kan geensins die aanvoeling en ervaring van n goeie ‘cattle man’
vervang nie.
Die impak van buitengewone hoë pryse
Tom Laseter het al jare gelede uitgewys dat te hoë pryse van
stoetdiere as disinsentief dien vir telers om diere uit te skot
deur streng seleksie. As dit vir ‘n geruime tyd ten opsigte van
‘n beesras ter sprake is word dit niks anders as ‘n
agteruitboerdery wat produktiewe eienskappe aanbetref nie.
Die buitengewone prysvlakke wat die afgelope tyd vir die Nguni
gegeld het, het waarskynlik ook so ‘n effek gehad. Nou, met die
terugkeer van die mark na ‘n meer normale situasie, is dit
besonder belangrik om toepaslike seleksie wyd toe te pas om die
langtermyn rol van die Nguni in die beesbedryf te verseker.
Is huidige produksiestandaarde toepaslik?
Die seleksie maatstawwe en produksie standaarde soos van
toepassing op ander rasse lewer ernstige vraagstukke op as dit
blindelings netso ook op die Nguni toegepas word. Die problem
spruit veral uit die feit dat diere algemene toepassing en
sodanige maatstawwe geensins die groot verskille in omgewing
waar met die Nguni geboer word in ag geneem word nie. Netso
word verskille in bestuursbenadering, wat ook met die omgewing
in verband staan. So word met die Nguni op uitstekende weidings
geboer, waar oes-reste vrylik beskikbaar is en boonop nog
byvoeding gegee word. Hierdie omstandighede verskil dramaties
van die van ‘n Nguni boer met suur weidings in berggebiede met
wisselvallige reënval.
Vir hierdie rede is dit heeltemal ontoepaslik om rasgemiddeldes
van die Nguni sondermeer te vergelyk met uitheemse beesrasse
waarmee hoofsaaklik in ideale omgewings en intensiewe
bestuurstelsels geboer word.
Maatstawwe soos ouderdom van eerste kalf, TKP, dae sedert vorige
kalf, ens kan wel nuttig aangewend word vir seleksie binne ‘n
bepaalde kudde waar alle diere aan dieselfde omgewing en
bestuurstelsel blootgestel is.
Om
sodanige produksiestandaarde vir die ras in sy geheel te wil
bepaal is baie problematies. So byvoorbeeld sal meeste verse
met gemak in die mees ideale omstandighede ‘n eerste kalf binne
28 maande kan produseer. Verse met dieselfde genetiese
grondslag sal egter sukkel om binne 39 maande ‘n kalf te
produseer op sekere marginale weidings van Suidelike Afrika –
veral as selfs ‘n klein droogte opduik.
Tradisionele produksiestandaarde moet dus so wydgestel word om
vir hierdie verskille voorsiening te maak dat die hele oefening
sinneloos raak.
Innoverende denke en werk is nodig om dus vir die Nguni meer
toepaslike maatstawwe te ontwerp.
BLUP- Teelwaardes
‘n
BLUP teelwaarde is ‘n beraming van die genetiese vermoë (waarde)
van ‘n dier as ouer in ‘n teelprogram. Dit is ‘n moderne
metodiek om in genetiese inligting van ‘n dier en ‘n kudde te
genereer en aan te wend vir bv. seleksie doeleindes.
In
beginsel verdien hierdie inligting soos jaarliks deur die
LNR
verskaf ernstige oorweging ondermeer omdat dit poog om juis
omgewingsverskille te elimineer.
Die feit is egter ook dat daar by telers en kundiges ernstige
vrae bestaan oor ondermeer die akkuraatheid van teelwardes in
die algemeen en veral vir die Nguni. Daarby is ervare en
voorstaande telers soms skepties oor die werklike waarde van
hierdie inligting.
Die telersgenootskap sal moet oorweeg om ‘n objektiewe en
wetenskaplike evaluering van hierdie stelsel te laat doen.
Waar Nguni telers ondertussen van hierdie stelsel wil gebruik
maak moet dit egter geensins ontmoedig word nie.
Die meting van Vrugbaarheid
In
die geval van bulle word die korrelasie tussen skrotum omvang en
vrugbaarheid algemeen aanvaar en is dit gemaklik om te meet.
Teelwaardes word ook deur die LNR bereken.
Die LNR bereken ook ‘n teelwaarde ten opsigte van die “kalf
tempo” van ‘n bul. Die teelwaarde is ‘n aanduiding van
vrugbaarheid asook die retensie van ‘n bul se vroulike nageslag.
Geen teelwaarde is vir vroulike diere beskikbaar nie en bly die
toepaslike meting en daarstelling van ’n rasstandaard
problematies. Die LNR bereken reproduksie indekse vir vroulike
diere, en, met bepaalde aanpassings in die bestaande
berekeningsmetode, mag die gebruik van so ‘n indeks meer
aangewese wees.
Die meting van doeltreffendheid
Hierdie is ‘n omvattende onderwerp. Vir doeleindes van hierdie
dokument word voorgestel dat telers sterk aangemoedig word om
wel by die LNR se prestasiemetingstelsel aan te sluit – al word
net eers koei-doeltreffendheid gemeet deur die neem van
speengewigte en koeigewigte tydens speen.
Die belangrikheid van Veldbulklubs
Veldbulklubs bied ‘n belangrike geleentheid om die eienskappe
van Nguni bulle te meet. Sulke toetse op natuurlike veld kan ‘n
groot aantal bulle van verskillende telers insluit.
Gesprekke is reeds met die LNR aan die gang oor die
toepaslikheid van die Fase D toetse vir die Nguni al dan nie.
Verskillende Nguni Veldbulklubs het reeds inoverend opgetree met
die instelling van toepaslike meting ten opsigte van
bosluisweerstand, ens.
Gesprekke word met die SA Veldbulklub en verskillende
veldbulklubs be-oog oor die moontlikheid om riglyne daar te stel
vir die meting van Nguni bulle.
Dit is ook noodsaaklik dat die resultate wat so verkry word
opgeneem word op Intergis stelsel.
8.
Die evaluering van huidige beleid
As
die bostaande strategiese raamwerk deur die Raad aanvaar word
moet ‘n kritiese evaluering van bestaande beleid, bywette en
aanhangsels gedoen word. Baie hiervan is maar eintlik ge-erf
van benaderings wat by ander beesrasse hulle grondslag gekry het
– nou moet gevra word of sodanige benaderings werklik op die
Nguni van toepassing moet wees.
Voorbeelde van beleid wat heroorweeg moet word is o.m. as volg:
8.1
Veelvaarparings
Veelvaarparings is tog sekerlik ‘n veel meer toepaslike
teeltbenadering vir die Nguni as die geval van uitheemse
beesrasse.
As
geboortekennisgewings die lys van bulle betrokke sertifiseer, en
as daar ‘n beperking geplaas word van sê 4 of 5 bulle – is daar
enige logiese rede hoekom die nageslag nie as Bylae B of SP
geregistreer
kan
word nie? (Natuurlik sal die bul met die laagste gradering as
uitgangspunt dien). Litcat van bulle sal nodig wees.
8.2
Minimum ouderdom vir die inspeksie van ‘n bul
As
dit ‘n teeldoelwit is om vroegrypheid te bevorder behoort bulle
wat op vroeër ouderdom geslagryphied toon ge-identifiseer,
geinspekteer en gebruik te word.
Is
daar dan enige goeie rede om nie telers se bulle van sê 16 of 18
maande vir inspeksie te laat aanbied nie?
In
so ‘n benadeirng kan dit oorweeg word om die volgende
inspeksieriglyn te laat geld:
(i)
bulle wat onder 2 jaar oud was by inspeksie moet weer voor hulle
3½ jaar is geinspekteer te word.
(ii)
Jong bulletjies wat nog nie goed ontwikkel het nie, maar ook nie
diskriminerende gebrekke toon nie, moet oorstaan vir inspeksie
na 2 jaar.
8.3
Rasstandaarde en inspeksieriglyne
Is
daar nie byvoorbeeld van ons rasstandaarde en inspeksieriglyne
teenstrydig met ons teeldoelwitte nie?
Byvoorbeeld: As ons roem op die aanpasbaarheid van die Nguni wat
hitteweerstand insluit – hoekom beskou ons die kortste moontlike
skede van ‘n bul as die “ideale” skede?
‘n
Kort skede is gekorreleer met ‘n stywe vel – moet ons nie dus
logies teen ‘n te kort skede diskrimineer net soos ‘n te lang
skede nie?
_________________________________________________________________________________________________
Huidiglik slegs beskikbaar in Engels
FERTILITY
STANDARDS
Present situation
The relevant breed
standards as contained in the by-laws to the constitution of
the Society are presently:
These standards
need to be re-assessed in the context of striving to achieve
sustainable beef production in the light of changing
financial, socio-political & environmental circumstances
impacting on the breed and the Society.
Points of
departure should be:
-
According to the
Animal Improvement Act (Act 62 of 1998), an animal is
only of a particular breed if it is registered as being of
that breed;
-
We live in a
changing world and must keep in touch with current
reality, in much the same way as our breed evolved over
the centuries. The Society has an obligation to review the
validity of breed standards and by-laws as circumstances
change.
-
Our belief that
Nguni cows form the cornerstone of sustainable beef
production, based on their productive efficiency.
-
A phenotypic
(true-to-type) cow’s total (lifetime) production
determines her ultimate value.
Reasons for adjusting the breed standards:
-
The present breed standards allow for a cow of 13 years (156
months) of age to have calved only 5 times. This is neither
efficient nor economically sustainable.
-
The role of the environment in determining the
maturity/growth rate of a heifer is far greater than her
genetic ability. Therefore, in areas where conditions are
less than ideal, heifers (even of excellent genetic quality)
will necessarily calve much later, even exceeding the 39
months. These areas include many of the communally managed
lands, those prone to severe drought and those areas/farms
managed under natural/organic regimes.
-
The present breed standards for fertility allow a heifer to
calve for the second time at 63 months and have a subsequent
calf 24 months thereafter, without being regarded as
sufficiently sub-fertile to be excluded. Evidence suggests
that many young cows that have calved after 39 months calve
regularly thereafter and even have better average ICP’s than
the breed average. Therefore, by excluding such animals from
the registered herd, one is unwisely wasting production
potential, especially given the relative longevity of Nguni
cows.
-
The inputs (eg, nutritional supplements, drug assisted
fertility boosting) traditionally used by many commercial
cattle breeders are either unaffordable or unattainable for
the developing farmers, thus potentially excluding them from
the registered Nguni industry. The political consequences of
this are clearly undesirable. The same inputs are also
undesirable for the production of contaminant-free beef.
-
If “nature” has selected and been the dominant influence in
determining what we today describe as an Nguni, then, in order
to preserve the breed with all its characteristics, the
standards of the Society should discourage the use of any
unnatural supplements, medicines, etc. This would undoubtedly
result in an increase in the average AFC of the national Nguni
herd.
-
In the absence of a reliable intra-herd indexing/comparison
system, the society should not subscribe to a
“one-size-fits-all” breed production standard, which is
prejudicial to later maturing, high production potential
females, and takes no account, whatsoever, of environmental
circumstances.
-
Evidence indicates that the initial description of the Nguni
breed by scientists regarded it as later maturing rather than
early maturing. Hindsight suggests that this may have been due
to much of the initial scientific work being done in areas of
generally lower quality grazing and therefore misrepresenting
the impact of environment on the productive ability of the
animals.
-
The culture pervading the stud industry is Euro-centric and as
such is questionable in its application to our indigenous
breed. This culture is equally inappropriate to the diversity
of cattle breeding systems in Southern Africa.
-
The subscription to a breeding season, as a management
strategy, is a matter of breeder choice based on longer-term
benefits and shorter-term sacrifices. In respect of the
indigenous Nguni, whose evolutionary history shows no evidence
of this practice, there appears to be no need for the Society
to encourage this practice. In fact, as explained herein, the
present 730-day rule condones a lower level of productivity
and fertility than is desirable.
-
Several other breeds do not have a breed standard for AFC.
Comparisons, on this basis, with other breeds are meaningless,
particularly in terms of the changing circumstances of our
breed.
-
Adjusting any breed production standard does not imply that
individual breeders must necessarily lower their own criteria.
Therefore, by supporting the inclusion of stud breeders
farming under less optimal beef production circumstances, the
pursuit of excellence in established herds is not affected.
-
In order to increase selection pressure and therefore more
accurately identify the best performing (genetically superior)
animals, it would be ideal to use an intra-herd comparison
(index system?) that takes into account all the factors that
impact on an animal’s production ability. This may need to be
the next step.
Departure from present breed standards
Comparisons with other
breeds might have been appropriate as the Nguni evolved from a
developing to an established breed. The breed has by now proved
its value in the beef production sector, and its productive
potential is no longer questionable.
It is now important
that the Society, in the interests of all members, adjusts
standards to facilitate optimum assimilation of pure Nguni
genetics into the established and developing beef cattle
industries.
Proposal to Council
Change the breed
standards for fertility to ensure:
-
That a cow must have
calved for the first time by 48 months, had a 2nd
calf by 64 months, a 3rd by 80 months etc. (16
months intervals), with the secondary proviso that no
single ICP may exceed 750 days.
-
That, in the case of
“FR” females, they must calve within 16 months of
registration, had a 2nd calf by 32 months of
registration, a 3rd by 48 month of registration,
etc., with the same secondary proviso that no ICP may
exceed 750 days.
This proposal
significantly “tightens” the breed standards (over a cows
lifetime), but makes them more effective in achieving our
objective of “sustainable beef production”. |