|

Nguni stoetteling wat onderhewig is
aan die bepalings van die
Veeverbeteringswet, vind plaas onder
die vaandel van die Nguni
Beestelersgenootskap. Daarom behou
die Genootskap hom die reg voor om
kontroles volgens bepaalde
prosedures uit te oefen ten opsigte
van Ouerskap inligting,
Prestasiedata en Beraamde
Teelwaardes.
Ouerskap inligting, Prestasiedata en
Beraamde Teelwaardes soos deur die
teler voorsien vir die doel van
hierdie katalogus, is gekontroleer
en vergelyk met die amptelike
databasis soos gehou deur INTERGIS
2000. Die Nguni Beestelersgenootskap
bevestig dus die korrektheid van
sodanige inligting.
Alhoewel die kontroles na die beste
wete van die Genootskap gedoen is,
kan die Genootskap egter nie
verantwoordelik gehou word vir
foutiewe inligting as gevolg van
drukkersfoute nie.
Diere wat op hierdie veilings
aangebied word, is onderwerp aan ‘n
proses van visuele inspeksie deur
Keurders van Die Nguni
Beestelersgenootskap en voldoen aan
die Nguni Minimum Rasstandaarde soos
bepaal deur die Genootskap.
Die Genootskap het egter GEEN beheer
oor:
●
Immunisering en gesondheidstatus van
diere
●
Dragtigheidstatus van koeie en verse
●
Teelgeskiktheid van bulle
●
Vrugbaarheidstatus, asook
geslagsiektes en
●
Kommersiele diere nie
Aangesien bogenoemde nie val onder
die bedoeling met ouerskap inligting,
Prestasiedata en Beraamde
Teelwaardes nie, sorteer dit NIE
onder die jurisdiksie van die
bedoeling “Onder beskerming van die
Nguni Beestelersgenootskap”nie. |